top of page
Search

DOODMASKERS EN DE LA REY


DOOD MASKERS en DE LA REY

DEUR NAOMI KEYTER

Ek maak kennis met de la Rey se afbeelding die eerste maal in die Greef joernale, n stukkie deur Lauren Thys.

Sou jy dink hierdie morbiede Ritueel is net eie aan Tutankhamun en sy Egiptiese makkers, maak jy n fout. Lank voor die tyd van fotos moes die voortydse mense plan maak om die gesigte te bere van veral die bekende en berugtes. Hulle het toe kerswas en gips gevat en n masker gemaak van die pas afgesterfte persoon. Hierdie masker is direk na dood van die vars menslike kadawer gemaak en gebere. Vandag vind ons dit fassinerend dat hierdie dooies se gesigte pryk in plekke soos die Alabama Begrafplaas, Egipte en ook SUID-AFRIKA.

Vir honderde jare al is hierdie doods maskers gebruik om die afgesterwe te gedenk, in die begraafplaas in Alabama, Clarke County, is vandag nog voorbeelde hiervan. Isaac Nettles het besluit om hierdie doods maskers destyds op hulle grafte te gebruik om sodoende nooit vergeet te word nie. Hierdie begraafplaas is eintlik baie uniek en het ook ander ongewone stene. Foto en skakel. Tutankhamun is die bekendste masker, alhoewel baie mense dit nie weet nie, is hierdie die doods masker van die betrokke Faroo koning en was gevind op sy mummy se skouers, dit word gesien as n kuns “masterpiece” en is van soliede Goud, dit weeg meer as 10kg. foto en skakel.

Soms is hierdie makabere doods maskers gebruik om later portretkuns te skilder van die betrokke persoon. Vandag sien ek hulle noem dit “frozen in time” wat dit dus n gepaste titel gee. N Paar jaar terug se iemand hulle het Generaal de la Rey se doods masker. Om sekerheid te kry moes hulle DNA toetse doen op die 6 hare wat vasgesit het aan hierdie doodsmasker. Dit was vergelyk met sy kleinseun se DNA en as positief gevind. Dit was voorwaar sy doods masker. Anton van Wouw het glo die masker gemaak in 1914, om sodoende later die bronsbeeld te voltooi, een dag na De la Rey sterf, dit was en is baie raar vir Suid Afrika en veral die Afrikaner wat dit eintlik as n rare basaar anomalie sien. De la Rey se masker was in van Wouw se besit tot sy dood. Daarna was dit n slag verkoop en later in die besit van Professor Andries Raath. Die masker was glo tydens n vertoning ook op die KKNK te sien, en daarna weer veilig bewaar. Foto en skakel

Die Raymond Dart versameling het die grootste versameling doods maskers in Afrika, vanaf 1927, baie van hierdie doods maskers was gemaak van onopgeeiste lyke in die Provinsiale Hospitale, en later ook van die “body donars”. Dit was versamel vir navorsing maar hedendaagse etiese normes en waardes het die studies belemmer. Dit word dus net gebruik vir Geskiedkundige wetenskaps navorsing en streng protokol moet gevolg word om hulle te besigtig. Wits Universiteit. Skakel en foto

*http://www.greeff.info/tng01/GGJ8-Apr2008.php

*https://www.news24.com/news24/de-la-reys-death-mask-found-20080313?fbclid=IwAR1RzFnZUKj3vjt3ufNbpfiVtq5it9BUDBtYOc0ME9Uh0yfTwrKUKH0B0Ic

*https://en.culturess.com/view/?id=famous-death-masks-cul&src=facebook&utm_source=facebook&utm_campaign=cul_a_ww_astruca_cul3_88939_famous-death-masks_all_conv-stv10_conv_both_18p_i-0_cost-0.5_286660990&utm_medium=23850373319200442&fbclid=IwAR06xCE_8hmVs9mWpgG5tvcF-SI8rY8FcNhT2UGhLThWRGcIvUs_BdIJYjw&page=13

*https://www.wits.ac.za/anatomicalsciences/collections/raymond-a-dart-collection-of-african-life-and-death-masks/?fbclid=IwAR2_yyeHlyYSb8QIb7HXlPvd9f7vDCWun-xSdJe7rUZgYPel5DY7qU_cajw

*https://www.ststworld.com/death-masks/?fbclid=IwAR1J_w04qWgVlH0bIkLW72yeo_WHVcmyYg1z0Wgl0ucCQpRm_-_vKeanMM0

*https://www.al.com/living/2016/10/21_unintentionally_creepy_alab.html


15 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page