top of page
Search

ELSA NEL GAAN TRONK TOE


“KENT GIJ DAT VOLK" VOL HELDENMOED.

Deur: Naomi Keyter.

Hierdie tyd van die jaar laat my altyd dink aan ELSA NEL. Hier is haar kortverhaal sou jy dit nie ken nie. Ek is alweer by JOPIE FOURIE, ELSA NEL, was sy klein niggie. Elkeen van ons vier spesiale dae op sy eie manier, ek luister na “KENT GIJ DAT VOLK” en soortgelyk. (sien skakel).

ONDERGRONDSE VOLKSMOEDERS/ELSA NEL EN ANNA NEETHLING-POHL ook bekend as die 2de groot Rebellie.

ELSA NEL (ELSABE NEL GETROUD DE WET) was gebore 1923, tydens die gebeure was sy maar net 17 jaar oud en besig met haar matriek jaar, aan die Afrikaanse Hoer Meisieskool in Pretoria. Haar ouers het in Nelspruit area geboer. Haar ouers was albei destyds lede van die OssewaBrandwag (**OB). Dis 1940. Die owerhede het vermoed dat Elsa briewe tussen partye gesmokkel het en geweet waar dat ontsnapte aanhoudendes (o.a Ackerman) geherberg was, en toe die owerhede hom in hegtenis neem moes hulle bewyse kry teen hom. Ene Speurder van Zyl besoek vir Elsa Nel om haar te vra wat sy weet van die briewe en of haar ouers betrokke was, vra sy aan hom wat sal gebeur as sy niks se nie, waarop hy antwoord sy sal in die tronk gaan sit. Die volgende dag het Elsa steeds geweier en van Zyl het n lasbrief vir haar inhegtenisname gekry. 13 Des 1940 verskyn sy in die hof, en weier steeds om te getuig.

Op daardie stadium bepaal die strafreg proses as jy weier om te getuig, jy in gevangenis aangehou sal word, alhoewel volgens destydse wette sy te jonk was (17) het hulle haar steeds in die Pretoria Sentraal Polisieselle daar aangehou. (ook Jopie se tronk)

Anna Neethling-Pohl, ook destyds van die OB kom te hore van die matriek dogter en haar patalje en vra die 4 vrouens wat sy onder haar vlerk reeds het, om elkeen 5 te laatweet en hulle elkeen 5 vrouens laatweet ensovoorts. Die volgende dag daag daar toe meer as 200 Pretoriase vroue in Voortrekkergewaad by die magistraatskantoor op waar Nel moes verskyn. Neethling-Pohl vertel: "Jy staan daar en dit is warm en jy weet die vrouens moes hulle kinders by die huise laat; hulle moes dít doen en hulle moes hulle koeksisterbakkery by die huis laat; hulle het mos koeksisters gebak vir die vale om geld bymekaar te maak vir die Beweging. Dus, met hulle hande vol koekmeel en geklee in volksdrag, staan die klomp vrouens voor die magistraat. Die vroue was almal teenwoordig tydens die hofsitting en toe Nel en die magistraat instap, het hulle opgespring en die Transvaalse Volkslied, "KENT GIJ DAT VOLK", uit volle bors gesing!!!

Elke dag groei die gebede en getalle vrouens voor die tronk.

Ten einde is Nel op 16 Desember 1940, om 09:00 die oggend vrygelaat, Maar met hierdie simboliese dag en triomf oorwinning besluit Anna Neethling –Pohl en die ander vrouens dat n gepaste Voortrekkerrokkie vir Nel op hierdie gepaste dag sal werk, sodat Elsa die rokkie kan dra en dit word later deur die Erfenisstigting uitgeststal. Met haar vrylating word Nel deur die strate van Pretoria vervoer, met n oopslaan-dak motor na Wonderboom waar daar elke dertig treë langs die pad 'n OB-lid in wit klere was wat Nel gesalueer het wanneer die motor verbygery het.

Bronne :

C. Marx, Oxwagon sentinel: Radical Afrikaner nationalism and the history of the Ossewa-Brandwag (UNISA, Pretoria, 2008), p 341 skryf…The OB heroine Elsabe Nel epitomised the ideal Afrikaans woman. She possessed all the characteristics of the 'Afrikaner woman' for, according to the historical myth, it was the women who would rather cross 'the Drakensberg barefoot' than submit to the 'British yoke'. It was the women who showed tremendous courage, spurring their men on in the face of adversity. They were therefore the most important guarantors for the future existence of the Afrikaner volk.

Fourie se geskiedenis was ook vir haar 'n regverdiging vir haar optrede: "As Jopie Fourie sy lewe kon gegee het vir die Afrikanersaak, kan ek nie sien hoekom ek nou my mede-Afrikaners in die moeilikheid moet bring nie. (uit bandopnames geneem) OBA: Bandopnames, onderhoud (transkripsie), bandnommer 204, 1985: H.M. Robinson / E. de Wet (neé Nel), 1985, p 4.

**Die Ossewa-Brandwag (OB) was die vernaamste organisasie wat gedurende die vroeë 1940's protes aangeteken het teen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog. Sedert die ontbinding van die OB in 1954 het verskeie studies wat die aard van hierdie protes beskryf, die lig gesien.

Uitstalling : www.netwerk24.com/netwerk24/leefstyl/leef/uitstalling-gee-blik-op-ossewabrandwag-se-ontstaan-en-ware-invloed-20220403

Foto en ander : H.G. Stoker, Agter tralies en doringdraad

https://www.familysearch.org/tree/person/details/GF7G-4RW

http://familielegkaart.blogspot.com/2016/06/i3-elsabie-petronella-nel-geb-24031923.html

https://www.youtube.com/watch?v=gVsYxSrNLUE

http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2012000200003

https://web.archive.org/web/20050921225145/http://www.biddulphsberg.com/afrikaans/ossewabrandwag.html

https://issuu.com/hennieheymans/docs/nongqai_vol_11_no_5

https://eensgesind.com/inperking-van-die-volksiel-deel-4/


10 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page