top of page
Search

HANG AAN JOU NEK

“JY SAL HANG AAN JOU NEK TOT JY DOOD IS…" Só het seker duisende veroordeeldes die regter hoor sê in die tyd toe die doodvonnisse nog algemeen in howe bevel is. Maar in 1739 was dit n ander soort "hang"

Doodstraf aan die Kaap in die tyd van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie

ESTIÉNNE BARBIER 1699-1739, het onrus in die Ou Kaap gestook. Dugeot skryf : “En daarvoor is hy verskriklik gestraf. Hy is in die openbaar op ’n houtkruis vasgemaak en toe, onder groot belangstelling van die omstanders, is eers sy regterhand en daarna sy kop afgesny.” Sy verblyf in die Kaap duur van 1734 tot sy teregstelling in 1739.

Die kop is vervolgens as "waarskuwing" êrens op ’n paal vasgespyker. Die liggaam is in vier dele opgesny en eweneens op pale in verskillende dele van die jong Kaapse nedersetting uitgestal. Enigiemand wat nog kon dink dat hy met die waarnemende goewerneur, Daniël van den Henghel, en dié se gesag kon mors, moes finaal van sulke rebelse planne afgeskrik word.

Barbier, ’n gebore Fransman wat ’n sersant in diens van die Kompanjie was, wou naamlik die boerebevolking aan die Kaap oorreed om teen die bewindhebbers te rebelleer. Maar hy is gevang en by sy verhoor was daar ’n ellelange lys aanklagte teen hom, nie net van aanhitsing tot opstand nie, maar onder meer ook van brandstigting en moord. Uiteindelik moes Barbier dus met sy lewe boet… op ’n wyse wat ons vandag met weersin vervul.

https://www.genealogy.com/.../Shepard-A.../GENE12-0024.html

https://af.wikipedia.org/wiki/Estiénne_Barbier

http://uir.unisa.ac.za/.../handle/10500/1778/02thesis.pdf...

https://www.yumpu.com/.../13848442/potgieter-ma-tr02-81pdf

fotos : voorstellings/WIKI commens



22 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page