top of page
Search

JOU KIND BLY JOU KIND


JOU KIND BLY JOU KIND.

DEUR NAOMI KEYTER

Hierdie arme ouers van 3 van Bethlehemspoort, DANIEL JACOBUS VAN HEERDEN EN HESTER SOPHIA VAN WYK, ouers van ene CORNELIUS JOHANNES PAULUS VAN HEERDEN, slegs 22 jaar oud sit toe skielik in November 1931 met n helse penarie…

Hulle seun, Cornelius was nie toegelaat om in die dorp Bethlehem, se Begarfplaas begrawe te word nie, seker maar tot goeie oordeel van die destydse besluitnemers.

Ek doen tans navorsing oor die saak van Cornelius Johannes Paulus van Heerden gebore 1909 en sterf aan sy eie hand 1931.

November 1931 het sleg begin vir van Heerden, teen die 4de was hy reeds in die hof oor hy vir diefstal aangekla was deur sy pa, Hy het goedere “gekoop” met sy pa se handtekening wat hy nagemaak het, hier het hy n verkorte straf gekry gepaard met versagtende omstandighede omrede dit sy eerste oortreding was. Hy was later vir roekeloos bestuur ook in die hof, Bennet verduidelik dat n man se been moes geamputeer word en hy het onlangs sy werk verloor a.g.v. afwesige dae by die destydse Suid Afrikaanse Spoorwee.

Hulle het as gesin in Bethelehemspoort gebly net buite die dorp. Ek neem aan die oggend van die 26ste het hy n spesifieke iemand gehad wat hy dalk wou afmaak, maar geheime bly mos maar geheime, alhoewel daar n paar stories rondloop, sommige familie met wie ek gepraat het se die familie legende se net dat sy kop hom gelos het. Hy het op die dorp, by Bisshops se winkel - 50 rondtes ammunisie vir sy Winchester en n paar patrone vir sy geweer gaan koop en vir sy broer net gese hy gaan skiet. Dit was nie ongewoon vir daardie jare om ammunisie te koop of te gebruik nie.

Dit was nou amper middag van 26 November 1931 en Cornelius stop n motor en wil dit afneem by die eienaar, maar die eienaar weier seker en word dood geskiet. John Edward Darby (50) word koelbloedig vermoor. Darby, n kommersiele reisiger van England, maar het in Durban Essenwood straat gewoon se SK wys moord met n naby skoot in die kop. Darby los eggenoot Lillian Bristow en 4 kinders agter. Daarna skuif Cornelius net Darby se lyk eenkant toe en ry voort. My gesonde verstand en mediese agtergrond se vir my geen reg denkende mens kan dit doen nie en hy moes ernstige sielkundige probleme gehad het en het defnitief ‘kop verloor’ daardie dag. Hy het briefies geskryf omrede hy wou selfmoord pleeg, die vorige dag, ek heg n paar aan.

Darby - https://www.familysearch.org/tree/person/details/M2QQ-233

Sy volgende slagoffers, wat hulle voor die moord-loop van Cornelius se rewolwer vind, was Boereoorloggeneraal Anthonie Michael Prinsloo, (69) eggenoot van Maria Grobler, hy was besig om bome te plant, die Suid Afrikaanse Biografiese Woordeboek noem hom die Hero van Colesberg en Elandsfontein, hy het 10 van sy 12 kinders agtergelaat (hy het 2 in konsentrasiekamp verloor), Jackie Grobler in Oorlog nuusblad skryf (+foto) bl 207 Magiel of Rooi Magiel, jongste seun van Nicolaas Frans Prinsloo en Isabella Rautenbach en was die broer van Hoofkommandant Marthinus Prinsloo. (foto).

2 verbygangers, Mpaw (13) en Petrus (23) word ook gedood, naby Prinsloo. In die Bethlehem, OVS doodsboeke, die 1931 sterfte sertifikate vind ek 5 wat daardie noodlottige dag sterf, LET WEL, AL 5 KOPSKOTE, As ek hier verbaas klink, is omrede Bennet in sy boek kortliks skryf, hy was nie so goeie skud soos Swart nie. Daardie dag sterf, Van Heerden, Darby, Prinsloo, Mpaw en Petrus, daar is ander berigte wat ander getalle gee, maar hier is net die 5. Daar was glo n paar mense (? glo 4) gewond ook. Die geregtelike doodsondersoek het op 14 Desember 1931 geeindig, en elkeen van die bg. Dui Cornelius Johannes Paulus Van Heerden as die moordenaar. Bennet noem 2 beseerdes, slegs as Swart en du Plooy.

SK - https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91P-H9CK-Y?i=4&cc=3732502

Teen hierdie tyd was die Polisie al warm op van Heerden se spoor, hy word glo toe vasgekeer deur die Rivier wat oorstroom, en besef hulle is reg agter hom en daar skiet hy homself dood. Die Daily News skryf destyds van die ‘Maniac’ en dat van Heerden se lyk bo-op Darby sin gekry was.

Prinsloo was blykbaar die groot skok daardie jare en sy familie het geweier dat Van Heerden in die selfde begrafplaas begrawe word as Prinsloo, dus het die arme ouers van Heerden gesit met hul hande in hul hare want a.g.v. skande kon hy ook nie op die plaas ter ruste gele word nie. Hulle het by die Spoorweg aangeklop en gevra kan hy maar erens langs die spoor begrawe word, hy het vir die spoorweg in die skure gewerk vroeer, en hulle het ingestem. Aangeheg is sy graf en die skakel van die plasing. Ook aangeheg is die ’google maps’ foto wat ek van die area geneem het. (-28 09.280, 28 20.373) Hier is die graf skakel met die woorde : “THE MURDERER WAS BURIED IN A GRAVE WHICH FRONTS WEST.”

Graf - https://graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=2849797

Daar tussen die droee gras, alleen vind jy die gebreekte, onversorgde graf, skaars kan n mens iets lees, van n man wat duidelik hulp nodig gehad het, en uitgegooi en verwerp was.

Daar naby Theron Golf baan, Bethelehem, was toe n Steenhoop van klip opgerig vir Prinsloo met n plaat wat duidelik die verkeerde datums op het, waar hy destyds gesterf het. Hy was begrawe in die ou dorp se begrafplaas en snaaks genoeg, daar ook het hulle die datum verkeerd. Sy SK ken doodsberig het die korrekte datum van 26 November 1931.

Steenhoop - https://ruralexploration.co.za/Bethlehem.html

JOU KIND BLY JOU KIND, AS HY VOOR JOU STERF MOET JY HOM BEGRAWE…

as jy wil deel volg die skakel

Gaan na die skakel om hierdie storie te deel. https://www.facebook.com/104791125281313/posts/164642822629476/


20 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page