CANNIBALS/KANNIBALE SA
Ovambo Biltong


Veer said
The following is a photo of some bushmen that was published in the Huisgenoot magazine on January 9, 1925. The bushmen were caught and accused of making biltong of two Ovambo persons they have killed in the Kalahari. It was not unusual for Ovambos to travel south as they were looking for jobs on the mines.
The officers in the photo are most likely the Cape Mounted Police on their camels which were found to be better than horses in a desert environment
Cape Heritage
Hannes se verder
DIE AMAZIMU KANNIBALE VAN SUID AFRIKA
Hannes Engelbrecht
Dit klink byna ongelooflik dat kannibalisme nog tot 1850 wyd voorgekom het in Suid Afrika. Mensvreters is nie iets waaraan ons graag herinner wil word nie, veral nie in vandag se politiek-korrekte wêreld nie.
James Henry Bowker, Dr. Bleek en John Beddoe se April 1869 artikel in The Anthropological Review , Vol. 7, No. 25 (Apr., 1869) van die Royal Anthropological Institute handel oor die Kannibaalgrotte by Thaba Bosigo in die Transgariep.
Legendariese Franse sendelinge Casalis en Arbousset se "d'un Voyage exploration au Nordvest de la Colonie du Cap de Bonne-Esperance; entrepris dans les mois de mars, avril et mai 1836 (Paris1842)" vertel ook die verhaal van kannibale.
Sendeling Edward Solomons het in 1855 twee lesings gelewer oor kannibalisme in Kaapstad. (Cape Town, 1855), pp. 62-64.
Die Amazimu (Zoeloe) en Marimo (Tswana) mensvreters was veral twee Tswana-stamme (Bafokeng en Makaila), en die Bamakakana en Bamatlapatlapa.
Vir die drie antropoloë was dit onverstaanbaar dat kannibalisme bestaan in "a fine agricultural country, which also abounded with game."
Dit word geglo dat kannibalisme sterk toegeneem het tydens Shaka se bloeddorstige koningskap en die verwoesting van die Mfecane/Difaqane stamoorloë tussen 1815 en 1840.
Dr John Beddoe skryf in Desember 1868:
" The skull is cut with an axe across the bridge of the nose, cutting away the jaws, which are thrown away.
"The bodies of the Europeans who fell in the attack on Thaba Bosigo were eaten at once, under the belief that their courage would pass into the bodies of their devourers.
"A Basuto stated that the cannibals always ate white people and blacks of other tribes: but not Hottentots or half-breeds."
Van die Moluta tot by die Caledonrivier, insluitend die Putesanarivier, was nou mensvreterwêreld. En die kannibale het nie net ander stamme aangeval nie:
"If a wife proved lazy, or quarrelsome, she was speedily disposed of; or a crying baby would in like manner be silenced, and any member of the community showing signs of sickness, or bodily infirmity, would not be allowed to linger or to fall off in condition."
'n Uiters interessante verhandeling van prof José Rivair Macedo van die Universidade Federal do Rio Grande do Sul van Porto Alegre, RS, Brasil, gaan haal die kannibalisme egter van veel, veel vroeër: rondom die Kongo voor die swart "Bantoe" (Pedi, Tswana) stamme suid na Suid Afrika gemigreer het.
Koningin Nzinga Mbandi (1620 tot 1660) van die Jaga by Matamba, oftewel die Mbangala - let op die "Bantoe"-name van na-1730 Suid Afrikaanse volkere - was 'n suidwaartse trekkeling en haar stam was bekende mensvreters.
Sy self het "mansklere" gedra, het aangedring om manlike "koning" genoem te word; en het 'n voorliefde gehad vir gekookte vroueborste en harte. (Barthélemy d'Espinchal, 1667).
Sotho/Pedi vertellings wemel van kannibalisme. Peete, Mosjesh se oupa, was in 1824 geëet tydens die trek van Butha Buthe na Thaba Bosigo.
Uit die Lesotho geskiedenis vertaal Casalis 'n lied in 1836:
"Ons is menseters, ons eet mense.
Ons eet jou, ons eet die hond se brein
en die kind s'n.
Ons eet die vingers van mense
die vet van mense.
Jy is die speelding van die menseters, jou heerlike happie.
Slaan hom! Slaan hom plat, vegters!"
Of die hart van Piet Retief in Februarie 1838 geëet was nadat dit uitgesny is, weet ons nie - maar dit is een van vele Zoeloe-legendes.
Ter afsluiting was daar ook 'n geval van "westerse" kannibalisme, soos opgeteken in R v. Dudley and Stephens (1884) 14 QBD 273 (QB).
Vier matrose van die Mignonette, 'n skip wat gestrand het 1600 myl van Kaapstad, het 'n sewentienjarige bemanningslid geëet om aan die lewe te bly. Twee van die matrose is skuldig bevind aan moord.
