top of page
Search

Lady ANNE BARNARD EN DIE LAKSMAN


LADY ANNE BARNARD maak kennis met die LAKSMAN.

Deur : Naomi Keyter

WAS DIE KAAP WREED??? “BREAKING BONES = paid 12 rds”

Marteling, aan die brand steek, gebrandmerk met warm tange, verwurgings, verstikkings, gebreek word op die wiel, geslaan, deur die strate van Kaapstad gesleep en onthoofdings…

Koloniale kunstenaars het nuwe insigte gebring aangaande die ritueel van straf van die oortreders in die agtiende eeu. “Kaap van Teregstelling”: die galg aan die Kaap die Goeie Hoop soos voorgestel in the koloniale kuns van Johannes Rach en Lady Anne Barnard.

“Gedurende die agtiende-eeu het die Kaapkolonie ontwikkel in ’n geweldadige samelewing in elke sin van die woord. Die tipe misdade wat gepleeg is deur oortreeders en die strawwe wat opgele is deur die koloniale outoriteite en die Raad van Justisie was eweneens geweldadig.“ re : Samantic Scholar

By bekentenis deur die beskuldigde sou die Hof van Justisie ooreenkomstig met die erns van die misdaad 'n vonnis aan die beskuldigde opgelê, wat BAIE KEER die doodstraf beteken het, bv. GRIET 1759 (byvrou van HENDRIK EKSTEEN) en haar medepligtige het vir Eksteen vermoor, en daarvoor sou sy aan die galg buite die hof hang aan die Kaap, Griet was ook onthoof en hierdie kop was gehang aan n skerp stomp in volle uitsig, vir almal om te sien wat daar verby loop. HANS JURGEN KETTNER, 1767 word summier voor n vuurpeloton geplaas vir die moord op Arnoldus. TSOA TOKO, 1777 op 20 Sept word hy gehang vir Huisbraak en Diefstal.

Aangesien openbare teregstelling in wese die mees algemene metode was waarin die Kaapse owerhede straf uitgedeel het, vir moordenaars, brandstigters, drosters en diewe, het die galg dus 'n deurslaggewende rol in die funksie en uitvoering van geregtigheid gespeel. Die strawwe wat uitgedeel was, was wreed en grusaam om die minste te sê.

Twee galge is regdeur die agtiende eeu opgerig en gebruik; een is naby die Kasteel gevind in Buitenkantstraat en die ander is naby die Groenpunt-meent, bekend as Gallow-Hill of galg Heuwel.

Die ligging van die galg en die frekwensie van openbare teregstellings, marteling, aan die brand steek, gebrandmerk met warm tange, verwurgings, verstikkings, gebreek word op die wiel, geslaan, deur die strate van Kaapstad gesleep en onthoofdings in die teenwoordigheid van toeskouers word oorvertel deur koloniale besoekers aan die Kaap. O.A Stavorinus 1798 en Sparrman 1975, Carl Peter Thunberg verduidelik in detail die gebeure wat hy gesien het op sy reise.

Hierdie skouspel van dood deur openbare teregstelling het die Kaap die Goeie Hoop die reputasie gegee van 'n brutale samelewing met min respek vir menselewe.

Die Kolonale kunstenaars bring n waardevolle visuele bydrae tot die skouspel.

Andrew Barnard se vrou LADY ANN BARNARD, bekend vir goeie rekordering van gebeure tydens haar verblyf aan die Kaap, maar haar vaardigheid is nie net literêre vaardigheid nie. Haar werke tot 1797-1802 het ons meer van 'n blik gegee op 'n koloniale samelewing. Sy skryf “Life was abridged by the gallows, it froze my blood at first”… sy skryf o.a n slaaf het sy meester vermoor en n uur later self aan die galg gehang…om die ander skrik te maak.

DIE EERSTE Laksman, het n ongewone status in die gemeenskap gehad, onthou daar was ook gebroke en mislukte teregstellings in daardie jare, so ek kry die gevoel jou siel moes anders bedraad wees of was dit maar net vir hom sy werk? Die Kunswerk van die Hangman van Lady Ann gee n bewys van n bekwame laksman. Sy naam word hier nie genoem nie maar hy was haar hulp-kok se man…

Victor de Kock se lys wat die Laksman en sy helpers betaal was.

“Breaking limbs earned the hangman 12 rijksdaalders (rds), pinching with red-hot thongs 4rds, burning 12 rds, decapitating 8 rds, hanging 8 rds, strangling 6 rds, torturing 10rds, chopping off the hand 4rds, scourging 3rds, placing the rope round the neck under the gallows 2 rds, branding with iron 1

rds, scorching 2 rds and transporting the body to another location following the execution 3rds.

In addition, an executioner earned a salary of f.18, board money s 12; 3 cans arrack, 4 loaves of bread and 92lbs meat.”

Barnard en Rach het nie werke geskep met "lewendige verhoor" of teregstellings soos Rawlinson se werk wat “lewendige” stories vertel van buitelandse teregstellings nie, maar steeds gee hulle Kunswerke jou n onheilspellende gevoel as jy diep genoeg kyk.

* Verkleuring van Lady Anne se sketse

*https://ia601303.us.archive.org/8/items/recordorseriesof00mood/recordorseriesof00mood.pdf

*https://www.1820settlers.com/genealogy/Media/documents/The%20Cape%20Peninsula%20pen%20and%20colour%20sketches.pdf

*National Library of Indonesia and Rijksmuseum Amsterdam

*Lady Anne Barnard’s Watercolours and Sketches: Glimpses of the Cape of Good Hope

*fig 5 die wiel en die spitshout. Die straat voor die Kasteel wat tussen mure van die teregstellingsterrein en die Kasteel loop, was bekend as Keizergracht,nou Darlingstraat genoem.

* https://www.agefotostock.com/age/en/Stock-Images/execution-newgate-prison.html

*http://oldsite.english.ucsb.edu/faculty/warner/courses/w00/engl30/gayboprison.htm

* https://www.historic-uk.com/HistoryMagazine/DestinationsUK/Newgate-Prison-Wall/

* https://books.google.co.za/books?id=vpRRAAAAcAAJ&pg=RA2-PA108&lpg=RA2-PA108&dq=Tsoa+Toko+death&source=bl&ots=wd2I3dqPxp&sig=ACfU3U3du9o85FjUkV3KPsVLFnXNt_D7aA&hl=en&sa=X&ved=2ahUKEwjp39Le-JP6AhVJhv0HHUQTBkEQ6AF6BAgUEAM#v=onepage&q=Tsoa%20Toko%20death&f=false

* https://hipsa.org.za/publication/the-cape-diaries-of-lady-anne-barnard-1799-1800-2/


5 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page