top of page
Search

SEX / MOORD EN N SUURLEMOENBOOMPIE


SEX, MOORD EN N SUURLEMOEN BOOMPIE

Bieg vir jou sonde en die kerk moet stilbly? Dink jy dit werk in Suid-Afrika so? Hierdie saak het kerkgangers boos gehad, want hulle voel Ds moet stilbly, maak nie saak wat nie, hierdie saak het debat ontlok destyds.

VERMOOR : ANDRIES MARTHINUS BIERMAN 1957-1997

BESKULDIGDES : RETHEA VAN GRAAN en CHARLES NXUMALO

Nie lank terug nie in 2016 kom n vrou uit die Tronk, nadat sy vrygelaat was vir haar man se moord maar sy het nie die moord direk gepleeg nie… Vandag n vry vrou, hertrou nadat sy 15 jaar in die tronk was, toe haar man vermoor was in 1997. Hier is n verkorte weergawe van daardie moordnag.

Die feit dat sy gebieg het by dominee Bothma van Bendopark en hy n getuie was in die saak het my getrek na die storie. Hoe het Suid Afrika dit hanteer? En hoe sal hulle dit vandag hanteer met soveel “fake” priesters en kerke wat deesdae maak dat jy *NDA’s teken?

Pietersburg : Rethea Wilson was getroud met Andy Bierman, glo baie gelukkig maar Rethea huur toe vir Charles Nxumalo en saam beplan hulle Andy se moord. Rethea het die geweer in die yskas gebere van die lapa sodat Charles dit kon kry, sy het ook die hek oop gelos en die hond toe gemaak. Die bepalnning het haar as die meesterbrein ten einde bestempel. Charles skiet vir Andy vier keer tot hy dood is, in sy slaap.

Rethea en Charles was inhegtenis geneem en Rethea en gesin was aktiewe lede van Bendopark se kerk en dus is tronk pastorale besoeke by Ds Bothma gekry, en dit is tydens die besoeke dat Rethea aan hom beken het sy het n hand in haar man se dood. Hier het dus nou n binne stryd vir Ds gebeur, geregtelikheid of vertroulikheid? Ds het na die tyd vertel hy het geworstel omdat hy nie na polisie wou gaan nie, hy het ten einde besluit om te praat SLEGS as hulle hom nader. Die Polisie het n anonieme oproep ontvang en Ds is genader en hy het toe n keuse gehad, of hy lewer getuienis of hy word gedagvaar om so te doen. Hy was een van die Hoof getuienisse.

Charles se getuienis lewer n spons matras op waar hulle sex gehad het so twee keer n week voor die moord, in die koffie winkel, nou moet julle weet Gendata wys hulle is slegs 2 maande vroeer weer getroud na hulle voorheen geskei was, dus tydens die sex sessies was hulle eintlik op hulle wittebrood…Besluit julle self wie praat die waarheid.

Mev Botha was die ander getuienis wat gese het Rethea het n verhouding met haar man destyds gehad en ook aan Mev Botha gese dat sy wat Rethea is n hand aan haar man se moord gehad het. Maar Rethea se Mev Botha was net kwaad.

Neem kennis dat in 1991 destyds by die senode besluit is dat Suid Afrikaanse Predikante nie mag weier om te getuig nie. Rethea het “life” +6 jaar gekry waarvan sy 15 uitgedien het en so het haar mooi gesiggie haar binne in die tronk gehelp, het die destydse Regter gese. Rethea het aangehou dat sy onskuldig was maar haar aansoek om appel was ook verwerp, Charles en Bothma en Botha se getuienis was te sterk.

Baie inligting weerhou weens lewendige profiele. Rethea het destyds darm n Suurlemoen boompie op Andy se graf geplant aangesien hy so baie van die liedjie gehou het “lemon tree”…

I wonder how, I wonder why

Yesterday you told me 'bout the

Blue, blue sky

And all that I can see

Is just another yellow lemon tree... RIV ANDY

https://www.youtube.com/watch?v=l2UiY2wivTs

Ds Bothma het hierdie ervaring as negatief beleef as jy my vra…Hy het mos eintlik ook n verantwoordelikheid teenoor Andy, ook n lidmaat gehad….

NEWS24 : Asked for comment, Bothma wished her well on “her second chance in life”, saying she has much to life for.

*NDA “According to Christianity Today magazine, NDAs have been used by prominent churches and organizations to protect leaders accused of spiritual, sexual or other kinds of abuse, and as disclaimers for confidentiality”

http://www.saflii.org/za/cases/ZACC/2002/7.html

deel van hier af : https://www.facebook.com/TrueCrimeSouthAfrica


31 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page