VOORBODE EN ONE ARM MAC

VOORBODE, MISTERIE EN ONE ARM MAC
DEUR NAOMI KEYTER.
CLAUD SAWYER LE IN DIE BAD OP N SKIP, HY KRY N VREESLIKE VOORBODE OOR N SKIP WAT SINK, SO ERG SY VOORBODE LAAT HOM BY DIE EERSTE HAWE AFSPRING VAN DIE SKIP DIE SS-WARATAH, maar wag ek loop nou vooruit met die storie…
Kom ons begin by Jack McLoughlin, (aka JOHN) hy het altyd in die vroee dae van Johannesburg vertel hy was n ou Myner, maar dinge wys later al wat hy onder grond gedoen het was weg kruip. Volgens vertelling was hy glad met die bek en het menig male glo dronkies uit hul geld geflous. Hy het n arm amputasie gehad en voorwaar n Suid Afrikaner wat met die naam kon spog van “ONE ARM MAC” ,die arm het glo met hak en al gekom en wraggies het hy dit soms as wapen ook gebruik. Hy het n hou-vrou gehad Sarah O’Reilly, ou Sarah het aan hom geglo en saam hom gestaan, niemand het geweet hoekom nie. Hulle het n eenvoudige lewe gelei maar glo gelukkig.
Vandag is ink en tattoo baie algemeen maar in 1894!!! taboe, as jy een sien het jy geweet, hierdie is of n Suid Amerikaner of Wildes van die Weste, en op sy arm wat nog oor was het hy die prent van n kaal vrou gehad en woorde “Faith, Hope en Charity” , en dit is presies waarby hy geleef het.
Sy makkers George Stevenson (alias Steve Davidson) het ook n hou-vrou gehad Sarah McNeill.
Saam het Jack en George en nog twee makkers, Henry en Arthur n baie unieke roof beplan, hulle wou die Kluis op die Pretoria Stasie steel. 2 Februarie 1894 dus steel hulle die eens onaartreklike kluis, wat nooit bedoel was om aandag te trek nie, breek hom oop in die veld en deel die geld.
Stevenson, al een later gevang uit die roof, draai staats getuie en was glo baie kwaad vir sy makkers en het teen hulle almal later getuig. Die tipiese “DEAD OR ALIVE” plakkate was uitgereik vir die ander drie. Henry en Arthur was gevang soos rotte in n gat, en Mac het steeds die Polisie ontglip, MAAR onthou hy het nou sy mes in vir George wat homself op vrye voet beleef.
N Jaar later skrop Sarah McNeill vloere op haar kniee en met die wat sy opkyk sien sy die bekende figuur met sy hak vinger en een arm, sy hoef nie tweekeer te kyk nie, dis defnitief “ONE ARM MAC”, net daar spring sy op en hardloop na hul kamer en waarsku vir George, want MAC het gese George gaan nie die son sien opkom nie. Soos belowe daag MAC daardie aand by George se woning op, en skiet hom, maar hy bly lewe om te se wie hom geskiet het. Daarna vlug MAC waar n man met die naam Mustaffa hom probeer keer en betaal met sy lewe, hoofbesering. MAC vlug na Australia en begin glo n nuwe lewe, hy het goed gekies want geen gevangene uitruil het bestaan tussen Transvaal en Australia nie…
ONE ARM MAC het nie geweet die oorlog en die Britse beheer, sou sy einde beteken nie. 1906 word n lasbrief vir sy arristasie uitgereik… maar ou ONE ARM MAC laat hom nie sommer laat vang nie, dit sou nog 3 jaar neem.
MAC SE AUSSIE TRONK PAPIER (AANGEHEG) LEES “FOR SAFE KEEPING UNTIL BOAT SAILS!!”
Ten einde het Polisie Jacobus de Beer en C.Mynott hom gaan haal en op die **SS Waratah van Lund Blue Anchor Line, terug gebring. Net n stukkie geskiedenis, die mans los die SS-Waratah in Durban agter, en net 1 ander passasier (Claud Sawyer) waar die skip glo net daarna verdwyn en almal (211) weg vir ewig verdwyn. (**sien skakel) Maar sommige vertel as jy die dood so skielik vrysrping kom soek hy jou, en 5 jaar later is Mynott dood geskiet deur FOSTER van die FOSTER-BENDE.
En ONE ARM MAC gehang 10 Januarie 1910…
**SS-WARATAH ook bekend as die Australiaanse Titanic, word nooit gevind nie, in die 9de ekspedisie om die skip te vind word n skipbreuk gevind wat hulle dink dis sy?? oos van die Transkei se kus. LEES GERUS. https://www.wrecksite.eu/wreck.aspx?11731,PDF, naamlys fotos en alles oor die skip. Sawyer sterf eers in 1925.
*https://graham64.wordpress.com/2016/05/14/the-premonition-in-the-bathtub/
*http://waratahrevisited.blogspot.com/2013/09/that-man-claude-sawyer.html
*https://www.ancestry.com/family-tree/person/tree/13644409/person/12073097377/facts
*https://www.familysearch.org/tree/person/details/GFJV-CVQ
*https://www.familysearch.org/tree/pedigree/landscape/9KH7-4HY